Messier 55 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 39m 59,71s | |||
Deklinasie | -30º 57' 53,1" | |||
Skynmagnitude | 7,42 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 17 600 ligjare (5 400 parsek) | |||
Skynbare grootte | 19 boogminute | |||
Ander name | M55, NGC 6809, GCl 113, C 1936-310 | |||
|
Messier 55 of M55 (ook bekend as NGC 6809) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 16 Junie 1752 deur Nicolas-Louis de Lacaille ontdek terwyl hy in Suid-Afrika was.[1]
Sedert 1754 het Charles Messier verskeie pogings aangewend om die voorwerp van Parys, Frankryk, af te sien, maar weens M55 se lae deklinasie het dit nooit hoog genoeg bo die horison gestyg dat dit maklik gesien kon word nie. In 1778 het Messier dit eindelik waargeneem en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M55 is sowat 17 600 ligjare van die Aarde af en het ’n massa van 269 000 sonmassas.[2] Soos ander bolvormige sterreswerms in die Melkweg is dit arm aan wat sterrekundiges metale noem – elemente benewens waterstof en helium.
Net sowat 55 veranderlike sterre is in die middelste deel van M55 ontdek.[3]